Griekwas (stam)

Griekwas

Adam Kok III, kaptein van Griekwas, 1848.
Totale bevolking: 2 500 000+
Belangrike bevolkings  in: Suid-Afrika, Namibië
Taal: Afrikaans, Engels
Geloofsoortuiging: Christene (Protestante)
Verwante etniese groepe: Oorlam, Kleurlinge, Khoikhoi, Namas, Boesmans, Afrikaners.

Die Griekwas is 'n stam van gemengde afkoms, hoofsaaklik blank en Khoikhoi. Vroeg in die 19de eeu het hulle na die noordelike grens van die Kaapkolonie naby die Oranjerivier getrek. Onder eerwaarde John Campbell en ander sendelinge het hul vesting, Klaarwater, Griekwastad geword. Die naam "Griekwas" word afgelei van 'n Khoikhoistam wat naby Saldanhabaai gevestig was en wat in die 17de eeu as die Grigrikwas bekend was.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search